| |||||||
Gestig | 15 Maart 1967 | (as Air Southwest)||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 18 Junie 1971 | (as Southwest Airlines)||||||
Bedryfsbasisse | |||||||
Lojaliteitsprogram | Rapid Rewards | ||||||
Vlootgrootte | 802[1] | ||||||
Bestemmings | 121 | ||||||
Verhandel as | LUV | ||||||
Hoofkantoor | Dallas, Texas, VSA | ||||||
Stigters |
| ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Omset | VS$ 23,814 miljard (2022)[2] | ||||||
Bedryfsinkomste | VS$ 1,017 miljard (2022)[2] | ||||||
Netto inkomste | VS$ 539 miljoen (2022)[2] | ||||||
Totale bates | VS$ 35,369 miljard (2022)[2] | ||||||
Totale ekwiteit | VS$ 10,687 miljard (2022)[2] | ||||||
Werknemers | 66 100 (Desember 2022)[2] | ||||||
Webwerf | southwest |
Southwest Airlines Co., gewoonlik na verwys as Southwest, is een van die grootste lugrederye in die Verenigde State en die wêreld se grootste laekoste-diensverskaffer.[3] Sy hoofkwartier is in Dallas, Texas, met geskeduleerde diens na 121 bestemmings in die Verenigde State en 10 bykomende lande.[4] In onlangse jare het Southwest meer binnelandse passasiers vervoer as enige ander Amerikaanse lugredery.[5]
Die lugredery is op 15 Maart 1967 deur Herb Kelleher en Rollin King as Air Southwest Co. gestig en het sy huidige naam, Southwest Airlines Co., in 1971 aangeneem, toe dit as 'n intrastaatlike lugredery slegs in die staat Texas begin werk het, met sy eerste vlug tussen Dallas, Houston en San Antonio.[6][7] Dit het in 1979 met streeksdiens begin en in die volgende dekades landwyd uitgebrei. Southwest bedien tans lughawens in 42 Amerikaanse deelstate en verskeie Sentraal-Amerikaanse bestemmings.
Southwest se sakemodel verskil van ander Amerikaanse lugdienste aangesien dit 'n rollende spilpunt en punt-tot-punt-netwerk gebruik en gratis ingeboekte bagasie toelaat. Dit gebruik uitsluitlik Boeing 737-stralers in sy vloot.
Die lugredery het 66 100 werknemers in diens en bedryf ongeveer 4 000 vlugte per dag gedurende die spitsseisoen.[8][9]
More than 38 years ago, Rollin King and Herb Kelleher got together to start a different kind of airline.
March 15, 1967 Air Southwest Co. is incorporated.